:: TERMS AND CONDITIONS
Unpaid renewals wil be deemed as an application for cancellation.
Applications for e-mail addresses and aliases are subject to availability.
Where an address is already in use, the webmaster will correspond with the applicant regarding an alternate address.
The size of the e-mailboxes are not limited, but users are encouraged to download e-mail regularly in order to keep the size of the e-mailbox to a minimum.
Users of web mail are also encouraged to do regular maintenance on folders like Sent Items and Trash.
These folders do not get downloaded to e-mail client programs and must be maintained via the web interface.
The webmaster reserves the right to "prune" e-mailboxes that have grown and stayed large for long periods of time.
Unread e-mail messages will then be lost.
The webmaster will not publish your e-mail address nor disclose it to other parties.
The webmaster will not be held responsible for "spam" that are sent to e-mailboxes.
E-mail messages from the webmaster will be restricted to renewal notices and possible family tree enquiries.
Users will not use these addresses to generate or forward "spam".
On proof of misuse of the address, the e-mail address will be closed immediately.
Income generated from the fees will only be applied towards the cost of the hosting of the websites and e-mailboxes.
:: BEPALINGS EN VOORWAARDES
Alle fooie t.o.v. aansoeke en hernuwings is vooruitbetaalbaar.
Onbetaalde hernuwings sal as 'n aansoek om kansellasie beskou word.
Aansoeke vir e-posadresse en aliasadresse is onderhewig aan beskikbaarheid.
Waar 'n adres reeds in gebruik is sal die webmeester met die aansoeker korrespondeer t.o.v. 'n alternatiewe adres of alias.
Die groottes van e-posbusse word nie beperk nie, maar daar word van gebruikers verwag om gereeld e-pos af te laai en die grootte van die e-posbus klein te hou.
Daar word van gebruikers van web-e-pos ("web mail") verwag om gereeld instandhouding te doen op vouers soos "Sent Items" en "Trash" om sodoende groottes van e-posbusse te beperk. Hierdie vouers word nie na gewone e-posprogramme afgelaai nie en moet dus onderhou word deur die web e-pos xxx.
Die webmeester het die reg om 'n e-posbus wat buitensporig groot raak en bly oor 'n lang typerk, "terug te snoei" na 'n aanvaarbare grootte.
Die webmeester sal geen e-posadres publiseer of bekend maak aan ander partye nie.
Die webmeester sal nie verantwoordelik gehou word vir "spam" wat aan e-posbusse afgelewer word nie.
E-posboodskappe vanaf die webmeester sal beperk wees tot hernuwingskennisgewings en moontlike stamboomnavrae.
Gebruikers onderneem om nie e-posadresse te gebruik om "spam" te genereer of aan te stuur nie.
Met bewys van oortreding sal die e-posbus summier gesluit word.
Inkomste verkry uit fooie sal slegs aangewend word tot die kostes vir die huisvesting van die webwerwe en e-posbusse.